Sr Marlies van der Merwe het gister, 30 Januarie 2019, amptelik haar kantoor ontruim om ’n nuwe fase van haar opwindende lewe aan te pak, aftrede. Sr Marlies het op 1 Junie 2009 by Midvaal Privaat Hospitaal aangesluit as ons Infeksievoorkomings en –beheerbestuurder en beroepsgesondheidsbestuurder (IPC en Health & Safety). Na 48 jaar in die verpleging het sy besluit om haar tas te pak en by haar kinders en kleinkinders in die Kaap te gaan woon. Sy het haar werk met oorgawe en passie gedoen en laat ’n groot leemte in ons geledere. Sy was ’n uitstaande verpleegkundige en het konstant navorsing gedoen om op hoogte van sake te bly. ’n Mens kon haar enige tyd enigiets vra en sy het ingeligte antwoorde gegee. Ons het haar ook graag gebruik vir haar taalkundige kennis. Ons sal haar onthou by Midvaal as iemand wat altyd aan alles deelgeneem het en vele groot projekte aangepak het, soms met weerstand.
In 2017 was sr Marlies in ’n ernstige fietsongeluk en het ’n paar dae in ons Intensiewe Sorg Eenheed deurgebring. Sy het wonderbaarlik herstel sonder enige permanente skade en was vinnig weer op die been om ons almal op ons tone te hou.
Ons wens vir Sr Marlies ’n heerlike aftrede toe en bedank haar vir byna 10 jaar se getroue diens en waardevolle insette by die hospitaal.
Sr Marlies se opvolger sal in Maart by ons aansluit.